Thursday, 6 December 2007

DIE REDES WAAROM 'N GOEIE MULTIVITAMIEN AANVULLING BELANGRIK IS

1. Slegte eetgewoontes

2. Stresvolle lewenstyle

3. Omgewings besoedeling

Bogenoemde stroop ons liggame van waardevolle voedingstowwe. Wanneer dit gebeur verswak ons immuum stelsel outomaties.

Slegte eetgewoontes:

Wanneer ons liggame 'n tekort aan vitamienes en minerale het kan ons "cravings" begin ontwikkel wat dit moeilik maak om 'n gesonde gewig te handhaaf. Gewoonlik begin ons meer eet omdat die liggaam opsoek is na hierdie voedingstowwe waarin ons 'n tekort het.

Eet jy baie geprosseseerde voedsel of wegneem etes?

Jy sal nooit weet wat die voedingswaarde van n kits-ete in vergelyking met 'n gesonde tuisgemaakte maaltyd is nie. Dit is waarom vitamien en mineraal aanvullings so belangrik is.

Stresvolle lewensstyle:

Enigiets van luister na harde musiek tot motorsleutels wat gesoek word laat jou bloeddruk styg en veroorsaak dat jou liggaam stres-chemikaliee uitstuur. Hierdie liggaamsfunksies (ketting-reaksies) kan 'n afname in energie en gesondheids probleme veroorsaak.

Die inname van aanvullende vitamiene en minerale kan beskerming bied teen die uitwerking wat stres op jou liggaam het.

Kry jy gou verkoues en griep?
Jou liggaam se immuumstelsel is dalk nie sterk genoeg om infeksies doeltreffend te beveg nie.
Dit is hoekom dit belangrik is om 'n goeie multivitamien aanvulling te neem om jou immuum sisteem te versterk sodat dit beter in staat kan wees om infeksies te kan beveg.

Omgewings besoedeling:

Word jou huis of werks-omgewing besoedel deur chemikaliee, rook en stof?
Hierdie is alles wat deur die liggaam opgeneem kan word, deur asemhaling of deur die vel.
Dit bou op in die liggaam en veroorsaak verskillende reaksies wat ons gesondheid beinvloed.
'n Goeie voorbeeld is die verband tussen huishoudelike stof en hooikoors. Addisionele inname van anti-oksidante kan help om die effek wat omgewings-besoedeling vir ons inhou te bekamp.

Rook jy? Rook vernietig Vitamien C en B in jou liggaam. Een siggaret vernietig 25mg Vitamien C in jou liggaam.
Vir elke siggaret wat jy rook neem jy een stap terug wat jou gesondheid aanbetref.

Streef jy na die ideale gewig? Die liggaam funksioneer op sy beste as dit die regte liggaams gewig het. As jy ekstra gewig saam met jou dra werk jou liggaam harder en het jy 'n aanvulling nodig vir jou liggaam om optimaal te funksioneer. Om ondergewig te wees veroorsaak 'n verswakte sisteem omdat die liggaam nie genoeg voedingstowwe inneem nie. In albei gevalle is 'n goeie vitamien en mineraal aanvulling nodig.
Herbalife multivitamien:




Sleutel bestanddele:
Vitamien A - Nodig vir goeie sig, veral in die nag. Benodig vir die regte been-ontwikkeling en groei.
Vitamien D - Help die liggaam om kalsium op te neem asook vir sterk bene en tande.
Vitamien E - beskermende akti-oksidant, belangrik vir die hart, sirkulasie, senuwees, spiere en rooi bloedselle
Vitamien C - Anti-oksidant, help wit bloedselle om infeksie te beveg. Word ook benodig vir gesonde vel, bevorder absorpsie van yster uit plantaardige produkte.
Thiamin - Belangrik vir vrystelling van energie uit koolhidrate, dra by tot goeie funksionering van die senuwee stelsel.
Riboflavin - Voordelig vir sig, Nodig vir die omsit van protein, vette en koolhidrate in energie
Niacin - Nodig vir die vrystelling van energie in weefsel en selle. Help om gesonde senu-stelsel en spysvertering-stelsel in stand te hou.
Vitamien B6 - Bevorder gesonde vel en senuwee, belangrik vir protein-metabolisme.
Folic Acid - Veral belangrik vir vroue in hul vrugbare jare, belangrik vir groei en sel-produksie, veral rooi bloedselle.
Vitamien B12 - Bevat belangrike mineraal elemente vir rooi bloedsel produksie
Biotin - Belangrik vir die metabolisme van vet/proteine
Pantothenic Acid - Belangrik vir die vrystelling van energie uit voedsel, nodig vir groei
Para Amino Benzoic Acid - help om vel glad en gesond te hou.










Wednesday, 5 December 2007

DIE FEITE OMTRENT 'N GESONDE ONTBYT








Wat eet jy gewoonlik vir ontbyt?

Wat eet jy deur die dag?


Wat drink jy deur die dag?


Is daar enige van die volgende in jou familie:

• Kroniese moegheid?
• Hoofpyne
• Spysverteringsprobleme
• Slaap versterings
• Ekstra gewig
• hoe bloeddruk
• diabetes
• Enigiets anders?

Ek wil jou graag vertel van die nuutste navorsing tussen 'n ongesonde ontbyt en gesondheids-probleme (die oorsaak van gewigsprobleme, hoe bloeddruk en diabetes). Jou liggaam bestaan uit 100 triljoen selle wat 114 verskillende voedingstowwe benodig om te funksioneer. Gedurende die dag gebruik jou liggaam voeding vir energie (proteine, koolhidrate en vette) en deur die nag vir selvorming (amino-sure, vit.,minerale, mikro-elemente ens.) In oggend passeer ons uriene wat veroorsaak dat ons liggaam sonder voeding of water begin. DAAROM IS ONTBYT SO NB!!
Dit mag gebeur dat jy nie in die oggend honger voel nie of dat jou ontbyt gebasseer is op sekere koolhidrate soos wit brood.
Wanneer jou bloedsuikervlakke styg, omdat jy honger is en nie ontbyt geeet het nie of omdat jy sekere koolhidrate met min voedingswaarde ingeneem het, produseer die pankreas insulien. Insulien verlaag bloedsuiker. Jy begin honger, moegheid en duiseligheid ervaar. Om beter te voel eet ons gewoonlik slegte koolhidrate soos chocolate, soet koffie, lekkers, koekies, brood, gaskoeldrank ens. Elke suiker "inspuiting" word gevolg deur insulienprodusering. Hierdie proses herhaal homself 2-3 uurliks dus ontwikkel jy 'n afhanklikheid van koolhidrate. Koolhidraat-afhanklikheid verswak die pankreas wat lei tot diabetes. Te veel suiker in die bloed beskadig bloedvate wat lei tot hipertensie en koronêre vatsiektes. Oormatige suiker wat nie verbrand word nie word omgesit in vet wat aanleiding gee tot vetsug. ’n Gesonde lewensstyl begin met ’n gesonde ontbyt!!.

As jy nie 'n gesonde ontbyt eet nie of bloot net nie die tyd daarvoor het nie het ek vir jou die volgende oplossing:

Herbalife Nutritional Shake Mix
1. Dit verskaf al die nodige voedingstowwe aan die liggaam
2. Verskaf energie uit protein. Koolhidraat inhoud is gebalanseerd.
3. Dit laat nie bloedsuikervlakke styg nie en voorkom oormatige insulien uitskeiding

100% Vitamien aanvulling. Het n soya-basis. Laag in kaloriee, hoog in voeding!
lOO% KOS: 5 geure: Vanilla, Strawberry, Chocolate, Tropical , Cookies and Cream
gewig VERLOOR= vervang 2 etes / dag met HBL
gewig BEHEER = vervang 1 ete / dag met HBL
gewig OPTEL = eet 3x/dag EN HBL 3x/dag
Meng met 250ml water / soya-melk of 125 ml vrugtesap of yogurt met 125ml water. (Resepte beskikbaar)